Wian met kitaar
Nuwe Krag

Hier stel ons julle voor aan die CD “Nuwe Krag” uitgegee in 2006. Die CD omslagfotos is alles verwerk om beter by die web te pas. Dit is nie bedoel om drukkersgehalte te wees maar is ge-optimiseer vir beter laaispoed oor die internet. Die ideë is om te wys hoe lyk die omslag en dat dit met die lyrieke kom.

Nuwe Krag - Wian (LBMD002) 2006
Strepieskode: 600 967 507 0282
My musiekloopbaan en bediening het ‘n ander rigting ingeslaan met die vrystelling van NUWE KRAG. Hierdie CD is gerig op die gesin. Die idee was om ‘n meer kommersiële aanvaarbare CD in die mark te kry met ‘n groot verskeidenheid liedere en musiekstyle, waarmee oud én jonk kan vereenselwig. Die projek is begin in November 2005 by Johan Kelber en is klaargemaak by Louis Brittz se studio, Gone Fishin’ Sound Studios. Met ‘n nuwe passie vir gesinne, is hierdie CD ‘n getuienis van die Here se herstel- en genesingswerk in my en my gesin se lewens. ‘n Groot voorreg vir my, is dat beide ons kinders, Zandré en Mariné, ‘n gedeelte sing van die baie spesiale liedjie, ‘Tel my op’. Nuwe Krag is op 13 Mei 2006 vrygestel in Melkbosstrand, ‘n paar km vanaf Koeberg, die KernKRAGstasie!

Onder op die bladsy is die liedtjiegrepe. Hulle is +/- 30 sekonde snitte van uitgesoekte liedtjies en is in MP3 formaat. Die kwaliteit is veel swakker as op die CD sodat hulle vinnig aflaai. Hulle is bedoel om n voorsmakie te gee van hoe die musiek op die CD klink. Hulle kan afgelaai word deur met die regter muis knoppie op hulle te klik en dan te selekteer “Save target as ...” en dan die naam en plek waar die musieklêer gebêre moet word te kies. Windows se “Media Player” sal dit dan speel.
As met die muis se linkerknoppie op hulle geklik word, behoort n boodskap te vra of hulle oop gemaak {OPEN} moet word (wat hulle sal speel) of hulle gebêre {SAVE} moet word. Kies dan die opsie wat jy verkies.

(Vir enige tegniese vrae hieroor kontak asseblief julle eie rekenaar guru)

Hierdie CD kan bestel word teen R150 by Wian / Natasja. Dit sluit verskeping na posbestemmings in Suid Afrika in.

Natasja (Agent): (012) 345 2510 / 082 7707 390

Epos:
wian@wian.co.za / wian@softcomp.co.za

Onthou: Wian kan ook bespreek word vir die volgende tipe optredes: Sang- en/of Woordbediening tydens Eredienste, Pinksterweke, Gebedsweke, Ouerseminare, Gesinskampe, Ontbyte, Mannekampe, Funksies en Aanbiddingsgeleenthede
 

Nuwe Krag Voorkant
Nuwe Krag Binnekant
Lerieke - Klik om te vergroot
Nuwe Krag Agterkant
Lerieke - Klik om te vergroot
Lerieke - Klik om te vergroot
Lerieke - Klik om te vergroot
Lerieke - Klik om te vergroot
Lerieke - Klik om te vergroot
Lerieke - Klik om te vergroot
Lerieke - Klik om te vergroot Lerieke - Klik om te vergroot


Luister na 30 sekonde liedjiegrepe van die CD hier of laai hulle af. Alle liedjiegrepe is kleiner as 260 kb en behoort onder 45 sekondes af te laai:
1.
Laat die hemele bly wees - 3:49; 2. Nuwe Krag - 3:36; 3. I am free - 4:08; 4. Abba Vader, Heer - 4:07; 5. Al die lof - 3:17; 6. Ek dien n groot God - 3:46; 7. My Fontein - 3:24; 8. Tel my op - 3:05; 9. His strength is perfect - 3:25; 10. He is lovely - 2:42; 11. Koning van my hart - 3:51; 12. Today (As for me and my house) - 3:26; 13. Die vlag word gehys - 3:31; 14. Dawidsanggroep-keurspel: (a) Soldaat vir Christus; (b) New life in Christ; (c) Foreign gods; (d) Ek is die Alfa en die Omega - 5:13
Klik
HIER om een bladsy terug te gaan of HIER om na die tuisblad te gaan.
 

[Nuwe Krag]