Wian met kitaar
Katalogus

Katalogus

Hier stel ons julle voor aan die CD en DVD projekte wat Wian al afgehandel het of nou aan werk. As julle belangstel om van hulle te bekom, kontak gerus vir Wian of Natasja by die volgende:

Natasja (Agent): (012) 345 5210 / 082 7707 390

Epos: wian@wian.co.za /
wian@softcomp.co.za

Wian kan ook bespreek word vir die volgende tipe optredes: Sang- en/of Woordbediening tydens Eredienste, Pinksterweke, Gebedsweke, Ouerseminare, Gesinskampe, Ontbyte, Mannekampe, Funksies en Aanbiddingsgeleenthede

LEARN TO DISCERN - Wian (CDBRT145) 1998
Strepieskode:600 961 704 0342
My vriend, Cor Uys, het my aangemoedig om ‘n cd op te neem omdat hy gevoel het dat ek die liedere wat ek skryf, self ook moet sing en nie alles vir ander sangers moet gee nie. Tot 1997 het ek dit nog nie oorweeg nie, maar Cor het my oorreed om met
Brettian Productions te gesels rondom ‘n platekontrak. Ons het toe nog in Mosselbaai gebly en gewerk. Ek het twee van my eie komposisies opgeneem, Johannesburg toe gery en die musiek aan Brettian voorgelê. Dit is goedgekeur en ‘n datum is vasgestel vir die opnames van my eerste cd: ‘Learn to discern’. Die cd het in 1998 verskyn en het dadelik ‘n toekenning gekry as Vrouekeur se beste debuut cd van die jaar. Tydens die ATKV Liertoekenning is die cd ook aangewys as een van die drie beste debuut CD’s. Omdat ek myself as ‘n ‘allrounder’ beskou, het die musiekstyl van die cd voorsiening gemaak vir iets van alles. Die jeug het defnitief aanklank gevind daarby want daar is ‘n hele paar ritmiese ‘rocksongs’ op met prominente kitaar en tromme. Die eerste lied op die cd, ‘Ek is bereid’ is ‘n voorbeeld hiervan. Daar is ook ‘n hele paar rustige aanbiddingsliedere waarmee oud en jonk kan vereenselwig. Liedere soos ‘Ek wil my gedagties rig’ en ‘U is in beheer’ is intussen deur ‘n hele paar sangers opgeneem en word in baie kerke landswyd gesing
Op die CD is:
1. Ek is bereid - 3:58; 2. Jonkwees - 3:20; 3. You’re the reason - 3:34; 4. Ek wil my gedagtes rig - 3:33; 5. Learn to discern - 2:47; 6. Ek soek net U vrede - 3:45; 7. Trust in the Lord - 2:19; 8. Ek wil so lewe - 3:22; 9. Gee vir my liefde - 2:35; 10. Jesus, ek buig nou voor U - 4:15; 11. U is in beheer - 3:50; 12. Call to me - 3:41
(sien CD omslagfotos, kunswerk en laai liedjiegrepe
HIER af)

A LIVE DIVE INTO WORSHIP - Wian (CDBRT (WL) 187) 2000
Strepieskode: 600 961 704 1295
Die idee van ‘n ‘live recording’ het by my en Danny Antill, my regisseur, begin posvat. Ek hou daarvan om ‘saamsing’ liedere te skryf en daarom het dit sin gemaak om ‘n projek aan te pak wat vir deelname van ‘n gehoor, voorsiening te maak. Die cd was heeltemal gerig op die jeug, wie dan ook die gehoor was tydens die opname in Tukkies se sportsentrum in 2000. Die gewildste lied van hierdie produksie is sekerlik die ‘Praise Overture’, ‘n verwerking van die bekende Carmina Burana. Ons het woorde en sinne uit 10 tale geneem om God mee te loof. ‘n Massakoor, bestaande uit jongmense van verskillende skole in Gauteng sing dit saam met professionele sangers.Met die opname van ‘Laat die volke sing’ het ons nie net ‘n massa-koor gehad nie, maar ook massa ‘percussion’. Tussen die gehoor het ons ‘n hele klomp groot, leë dromme neergesit waarop die jongemense gespeel het om ‘n ‘joyful noise’ vir die Here te maak. Groot pret!! Ek het ook ‘n paar bekende liedere opgeneem soos ‘My Redeemer lives’ en ‘The happy song’. Verder het ek besluit om “Weet jy dat Jesus jou liefhet?’, wat ek al in 1990 geskryf het, op te neem. Wat ‘n wonderlike ervaring was dit toe ek gesien het hoeveel mense aangeraak is tydens die opname van hierdie lied. Ek kan eerlik sê dat dit nie net ‘n kliniese opname van musiek was nie, maar ‘n geestelike belewenis vir my, die ander musikante en die gehoor.
Op die CD is:
1. the dive - 0:41; 2. praise overture - 4:23; 3. percfussion praise - 1:39; 4. laat die volke sing - 2:30; 5. the happy song - 4:17; 6. Abba Vader - 3:50; 7. knowledge and understanding - 4:27; 8. weet jy - 3:34; 9. ek bid vir jou - 4:14; 10. almal wat Hom aangeneem het - 4:42; 11. ek weet dit - 4:11; 12. ek vertrou op U - 3:35; 13. Hy wat my roep - 4:46; 14. search me - 3:27; 15. God alleen - 2:54; 16. raise the standard - 0:28; 17. we're gonne raise the standard - 3:10; 18. My Redeemer lives - 5:08
(Sien CD omslagfotos, kunswerk en laai liedjiegrepe
HIER af)

All Of Me - Wian (CDBRT (WL) 233) 2002
Strepieskode: 600 961 7042 322
Met Jaco Odendaal as regisseur het ons steeds op ‘n jong mark gefokus, maar die klank van ‘All of me’ het bietjie verskil van my vorige twee CD’s. Jaco het die verwerkings vanuit ‘n kitaar oogpunt gedoen wat daartoe bygedra het dat daar ‘n meer eiesoortige styl verkry is, wat regdeur die CD gehoor kan word. In 2002 was ek die algehele wenner van die
ATKV se Liertoekenning. Die derde lied op die CD, ‘Ek is jammer’, was die wenner in die kategorie ‘Beste Nuutgeskrewe Afrikaanse Werk’ en was ook gekies as die wenner uit al die kategorieë.
Alle eer aan God!
Op die CD is:
1. All of me - 4:48; 2. Freedom song - 3:32; 3. Ek is jammer - 3:57; 4. Turn the tide - 4:06; 5. God is in the storm - 5:15; 6. Lewende Jesus - 3:34; 7. God made it clear - 3:50; 8. Holy - 4:34; 9. Elke tree - 3.43; 10. The battle belongs to the Lord - 3:43; 11. You may think - 3:47
(Sien CD omslagfotos, kunswerk en laai liedjiegrepe
HIER af)

Nuwe Krag - Wian (LBMD002) 2006
Strepieskode: 600 967 507 0282
My musiekloopbaan en bediening het ‘n ander rigting ingeslaan met die vrystelling van NUWE KRAG. Hierdie CD is gerig op die gesin. Die idee was om ‘n meer kommersiële aanvaarbare CD in die mark te kry met ‘n groot verskeidenheid liedere en musiekstyle, waarmee oud én jonk kan vereenselwig. Die projek is begin in November 2005 by Johan Kelber en is klaargemaak by Louis Brittz se studio, Gone Fishin’ Sound Studios. Met ‘n nuwe passie vir gesinne, is hierdie CD ‘n getuienis van die Here se herstel- en genesingswerk in my en my gesin se lewens. ‘n Groot voorreg vir my, is dat beide ons kinders, Zandré en Mariné, ‘n gedeelte sing van die baie spesiale liedjie, ‘Tel my op’. Nuwe Krag is op 13 Mei 2006 vrygestel in Melkbosstrand, ‘n paar km vanaf Koeberg, die KernKRAGstasie! Hierdie CD word versprei deur Louis Brittz se
Merchant Gospel.
Op die CD is:
1. Laat die hemele bly wees - 3:49; 2. Nuwe Krag - 3:36; 3. I am free - 4:08; 4. Abba Vader, Heer - 4:07; 5. Al die lof - 3:17; 6. Ek dien n groot God - 3:46; 7. My Fontein - 3:24; 8. Tel my op - 3:05; 9. His strength is perfect - 3:25; 10. He is lovely - 2:42; 11. Koning van my hart - 3:51; 12. Today (As for me and my house) - 3:26; 13. Die vlag word gehys - 3:31; 14. Dawidsanggroep-keurspel: (a) Soldaat vir Christus; (b) New life in Christ; (c) Foreign gods; (d) Ek is die Alfa en die Omega - 5:13
(Sien CD omslagfotos, kunswerk en laai liedjiegrepe
HIER af)

[Tuisblad] [Wie is Wian] [Getuienisse] [Wat doen Wian] [Katalogus] [Skakels] [Humor] [Dankie] [Ondersteun Wian] [Kontak Ons]